Emirates

Emirates Airline
IATA ICAO Roepteken
EK UAE EMIRATES
Gestig1985 (1985)
Eerste vlug25 Oktober 1985
HoofspilleDoebai Internasionale Lughawe
LojaliteitsprogramEmirates Skywards
Subsidiêre
  • Arabian Adventures
  • Congress Solutions International
  • Emirates Holidays
  • Emirates Tours
Vlootgrootte264[1] + 11 vrag
Bestemmings133[2]
HouermaatskappyDie Emirates-groep
SitkamerEmirates Lounge
HoofkantoorGarhoud, Doebai, V.A.E.
Sleutelpersone
  • Ahmed bin Saeed Al Maktoum
    (Voorsitter en H.U.B.)
  • Tim Clark
    (President)
Omset VS$ 32,6 miljard (Maart 2023)[3]
Netto inkomste VS$ 3,2 miljard (Maart 2023)[3]
Werknemers102 379 (Maart 2023)[2]
Webwerfhttp://www.emirates.com/

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Een van Emirates se 119 Airbus A380's
'n Emirates Boeing 777-200LR land op George Bush Interkontinentale Lughawe in Houston.

Emirates Airlines Limited (Arabies: طيران الإمارات DMG: Ṭayarān Al- Imārāt) (IATA: EK, ICAO: UAE) is 'n lugredery gebaseer in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate. Die lugredery is 'n filiaal van die Emirates Groep, wat geheel en al deur die regering van Doebai se "Investment Corporation of Dubai" besit word.[4] Dit is die grootste lugredery in die Midde-Ooste, wat byna 3 600 vlugte per week bedryf[5][6] van sy middelpunt by Doebai Internasionale Lughawe, na meer as 150 stede in 80 lande regoor ses vastelande.[7][8] Vragverskeping word onderneem deur die Emirates Groep se "Emirates SkyCargo"-afdeling.[9]

Die lugredery is in die geledere van die top 5 wêreldwyd in terme van kilometers gevlieg, en is die grootste lugredery in die Midde-Ooste wat betref inkomste, vlootgrootte en passasiers gekarwei in 2018.[10] In 2018 was die lugredery die vierde grootste lugredery ter wêreld in terme van internasionale passasiers vervoer [11] en geskeduleerde passasierskilometers gevlieg.[12] Die redery was die tweede grootste in terme van geskeduleerde vrag ton-kilometers gevlieg.[13] Die maatskappy bedryf ook vier van die wêreld se langste direkte kommersiële vlugte van Doebai na Los Angeles, San Francisco, Dallas/Fort Worth, en Houston.[14][15]

Gedurende die middel-1980's het Gulf Air begin om sy dienste na Doebai af te skaal. As gevolg hiervan is Emirates op die been gebring in Maart 1985 met steun van Doebai se koninklike familie, met Pakistan International Airlines wat twee van die lugredery se eerste vliegtuie op 'n volhuurkontrak verskaf het. Dit was nodig om onafhanklik te funksioneer van regeringsubsidies, afgesien van $10 miljoen wat in aanvangskapitaal voorgeskiet is. Die redery het ontstaan onder leiding van Ahmed bin Saeed Al Maktoum, steeds die huidige voorsitter. In die jare na sy stigting het die lugredery sterk uitgebrei in beide sy vloot en bestemmings. In Oktober 2008 skuif Emirates al sy operasies by Doebai Internasionale Lughawe na Terminaal 3 om sy vinnige uitbreiding en groeiplanne vol te hou.[16]

Emirates besit 'n groot vloot Airbus en Boeing wyerompvliegtuie en is een van 'n paar rederye wat slegs 'n wyerompvloot bedryf, die staatmaker hier is die Boeing 777-300ER. Emirates het die tweede operateur van die Airbus A380 geword na Singapore Airlines. Hulle het ook die laaste eksemplaar A380 aangekoop voordat die model gestaak is. Emirates is 'n toonaangewende aankoper van vliegtuie, hy bekom nog 200 nuwe vliegtuie slegs in 2013.[17]

Emirates het 'n sterk handelsnaam as 'n leier in die lugvaartbedryf, veral in terme van uitstekende diens en sy baie vinnige groei, tesame met volgehoue winsgewendheid. Emirates het verskeie toekennings gewen – dit was in die agtste posisie geplaas deur Air Transport World vir "Lugredery van die Jaar" in 2012. Die toekenning is gedoen op grond van die erkenning van sy verbintenis tot veiligheid en operasionele uitmuntendheid, kliëntediens, finansiële gesondheid, insluitend 'n 25-jaar agtereenvolgende jaarlikse wins.[18] Emirates is aangewys as 'n viersterlugredery deur die lugvaartkonsultantgroep Skytrax. Die lugredery is bekroon as "Lugredery van die Jaar" in 2013.[19]

  1. Emirates Vloot by Planespotters - Aug 2023
  2. 2,0 2,1 "Emirates: About us". Besoek op 24 Desember 2020.
  3. 3,0 3,1 "Annual Report 2019-20 Highlights". Emirates Group. 10 Mei 2020.
  4. GulfNews.com – Emirates and Dnata now under ICD Geargiveer 3 Januarie 2013 op Wayback Machine
  5. "Emirates to Fly 70 Million Passengers in 2020 | News | Emirates Deutschland" (in Engels). Emirates.com. 23 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2016. Besoek op 6 Desember 2013.
  6. "Airfleets: Emirates" (in Engels). Airfleets.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2008. Besoek op 1 Julie 2011.
  7. "Emirates aircraft cover 432 million kilometres across the globe in six months". Emirates.com. 28 Julie 2016. Besoek op 18 Januarie 2018.
  8. "Emirates destinations".
  9. "Emirates SkyCargo" (in Engels). The Emirates Group. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2017. Besoek op 26 Augustus 2009.
  10. "2016 Infographic" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 5 Julie 2016. Besoek op 3 Julie 2016.
  11. "IATA – WATS 57th – Schedlued Passengers Carried – 2012". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2015. Besoek op 3 Februarie 2014.
  12. "IATA – 57th – Scheduled Passengers-Kilometres flown – 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2017. Besoek op 3 Februarie 2014.
  13. "IATA – 57th – Scheduled Freight-Tonne-Kilometres flown – 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2012. Besoek op 3 Februarie 2014.
  14. Advanced Digital Technology. "Emirates' longest flight makes inaugural touchdown in LA" (in Engels). Gulfnews. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2009. Besoek op 15 Julie 2009.
  15. "Emirates Launches San Francisco Service With World's Longest Green Flight Trial". ABTN. Besoek op 15 Julie 2009.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  16. Emirates (18 Februarie 2009). "Emirates Announces 2009 Expansion Plan". Persberig. http://www.emirates.com/english/about/news/news_detail.aspx?article=411638&offset=0. Besoek op 3 Augustus 2010. 
  17. www.emirates.com
  18. "Emirates Named Airline of the Year for 2011 by Air Transport World – Airline News" (in Engels). etravelblackboard.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 5 Maart 2011.
  19. "Emirates 4-Star Airline Ranking | SKYTRAX" (in Engels). Airlinequality.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2015. Besoek op 14 Oktober 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search